Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Dit was wel 'n bietjie ver van waar ons elke dag moes wees, maar die ontspanning het daarvoor opgemaak."
"Dinokeng is an easy drive from Johannesburg and is a lovely park. It's true that the game is quite sparse but we still saw quite a few animals and some wonderful birdlife. We had a very relaxing and enjoyable day out on the self-drive route. For what you pay and the ease of access the park is good value for money and definitely a good place for a long weekend."
"More signs to most of the places will be great for someone that doesn't know the place well."
"Johannesburg is eintlik 'n baie lekker plek. Bryanston is baie groen, met baie bome. Die aande is fantasties en perfek vir uitgaan sonder 'n warm ding. Mense is baie vriendelik en trek baie netjies aan."
"Hou in gedagte dat daar twee skole in die omgewing is, so tussen 7 en 8 soggens is die verkeer nogal swaar. Dis nie 'n steurnis nie, maar om daarvoor te beplan is raadsaam!"
"Silverfields is 'n lekker gebied om in te bly as jy op vakanasie is. Dis naby 'n avontuurpark met vryval, voetslaan, ensovoorts."
"Easy to access all parts of Pretoria. There are sufficient signs that made getting around very easy. "
"Baie mooi en skoon dorp. Dis jammer oor die verspoelings na die storm wat hulle gehad het."
"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."
"Wat 'n wonderlike dag, het baie geleer oor die leeus, die mense is baie gasvry en ek sal ook 'n nag of twee wil oorslaap, dit was wonderlik."
"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
"Dis asemrowend mooi en daar heers 'n ongelooflike landelike atmosfeer so naby die stadslewe."
"Die omgewing is dalk nie vir 'n gesinsvakansie nie, maar eerder vir besigheid of as 'n sentrale baken om na ander besienswaardighede uit te ry. Vir ons was dit lekker naby Cullinan, Bronkhorstspruit en 'n paar monumente."