Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Pragtige natuurskoon en vele dinge om te doen. Fantastiese infrastruktuur en beste restaurante."
"Daar was 'n heerlike plekkie waarnatoe mens kan gaan met jou die hele familie wat veral kindervriendelik is. Dis die Redberry Farm. Baie baie nice plekkie met die vriendelikste mense en so 'n lekker atmosfeer."
"Pragtige boomryke woonbuurt teen die berge in George. Sentraal geleë naby sakekern. Naby is daar teen die berg voetslaanpaaie en ook om met fietse oor die berg te ry Heroldsbaai toe as jy so sou wou."
"'n Heerlike plekkie om te voet te verken. Onthou om bietjie geld saam te vat vir 'n roomys wat jy by 'n karavaan-winkeltjie langs die strand kan koop."
"Ons sal beslis terugkom. Baie oulike toeriste gebied en almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ek het eers gedink dat dit nie te veilig lyk nie aangesien ons ook van die dorp se kan af ingekom het. Op pad terug lughawe toe het ons besef hoe naby aan Fancourt dit is. Miskien moet hulle net noem dat dit 'n blok van Fancourt is aangesien almal dit ken."