Verified Reviews
Gonubie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gonubie
Rated 4.5 out of 5 based on 232 reviews.
"Dit is 'n baie rustige dorpie en jy vind alles baie gou. Die strand gebied is groot en kan nie sommer beknop wees met vakansiegangers nie. Werklik 'n aanbeveling."
"Ek dink as die munisipaliteit die paaie regmaak en verbeter, sal ek dit oorweeg om meer gereeld te gaan kuier. Ek het baie jammer vir my motor gevoel, want jy moet die beste gedeeltes op die pad soek om op te ry, veral die paaie tussen die huise was skokkend."
"Gonubie is a beautiful sea side town with a lot of charm. It has a small town feeling and is a wonderful place to get away from the city rush."
"First time visiting the area and only a short stay but I am interested to see what else Gonubie offers in terms of a travel destination."
"Rustige omgewing. Vriendelike mense. Heerlike plekke waar etes genuttig kan word. Die strand is baie veilig vir swem en staproetes.Hondevriendelik. Alles wat benodig word van is bereikbaar. Ons sal Gonubie weer besoek."
"Mooi area, maar die paaie kort dringend herstelwerk. Hoofpaaie redelik okay, andersins is dit 'n nagmerrie. Mooi strande, heelwatg restaurante naby."
"Gonubie is 'n fantastiese vakansie plek met alles wat jy nodig het. Jy het glad nie nodig om Oos-Londen toe te gaan nie."
"Gonubie is 'n mooi skoon rustige dorp. Strand is maklik bereikbaar. 'n Apteek en die nodige winkels en dienste is beskikbaar. "
"Pragtige natuurskoon met skoon strand. Gonubie is klein tog beskik dit oor alles wat 'n toeris mag benodig. Word hoogs aanbeveel. "