Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Ons sal beslis weer Graaff-Reinet wil besoek, maar dan vir n paar dae. Ons wil graag al die museums en historiese plekkies besoek. "
"Daar is heelwat in en om Graaff-Reinet wat die moeite werd is om te besoek. Nieu-Bethesda en Camdeboo National Park is maar twee. Die dorp self het heelwat museums en geskiedkundige geboue wat besigtig kan word."
"Graaff-Reinet is a beautiful old world town. Amazing architecture. So much history. A clean town with lots to see or do."
"Ons het water vir die dorp saamgeneem wat so nodig was. Dit was lekker om die vallei van Verlatenheid te besoek asook om deur die dorp te stap. "
"Dit het ons harte baie seer gemaak om te sien hoe droog dit is, maar ons het water saamgeneem, sodat ons nie die druk op die dorp vererger nie. Al was daar absoluut geen water nie, sou ons steeds daarheen reis."
"Dit is ‘n pragtige en sjarmante dorp. As jy hou van so bietjie Afrikaner-geskiedenis, dan is hierdie die plek vir jou."
"Ten spyte van die droogte is Graaff-Reinet 'n pragtige dorpie. Die mense is ten spyte van uitdagings positief en gasvry."
"Kultuur-historiese juweel van die Klein-Karoo! Dis 'n moet-besoek op jou reisplan!"
"Sommige geboue is so pragtig oorgeverf en gerestoureer. Sal wonderlik wees as alle vervalle geboue opgeknap kan word."
"Polka, as always a lovely place to eat. Making reservations is essential though."
"Ons is lief vir die dorp en omgewing en slaap gereeld daar oor. "
"Mooiste plattelandse dorpie. Histories en modern. Verlief op die kerk. Beslis die mooiste kerk in SA."
"Dit is nog goed om al die historiese geboue te sien en dat dit bewaar word."