Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Graaff-Reinet regverdig 'n minimum twee-dag besoek. Die dorp en strate is redelik skoon en Graaff-Reinet bied baie interessante besienswaardighede binne kort loop- en ry-afstande."
"Mooi dorp en die Vallei van Verlatenheid 'n definitiewe moet-sien!"
"Fantastiese toeriste bestemming met professionele vriendelike diens - almal was vriendelik!"
"'n Absolute treasure. Baie kulturele en geskiedkundige dorpie. Spandeer gerus tyd in Graaff-Reinet, u sal nie spyt wees nie!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met baie besienswaardighede. Obesa kwekery is baie uniek en bewonderswaardig. Die middedorp rondom die kerk was teleurstellend met vullis en drankbottels orals."
"'n Baie geskiedkundige dorp met baie museums en besienswaardighede soos die vetplantkwekery en die Vallei van Verlatenheid."
"'n Pragtige stad waar mens die trots van die inwoners op hulle stad kan waarneem. Die strate is silwerskoon - geen rommel of gate. Die historiese boustyle in puik toestand. Genoeg pad predikante. Die "Valley of Desolation" is 'n moet sien."
"Lekker geskiedkundige plek met die wildreservaat as bonus. Gaan kyk die pragtige ou geboue."
"Die Vallei van Verlatenheid is pragtig. Ongelukkig is daar geen kaartgeriewe by die ingang nie, jy moet kontant hê. Die dorp se mense is vriendelik. "