Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
""Valley of desolation" is 'n definitiewe "bucket list experience"! En om die dag met Polka restaurant se top gehalte geregte af te sluit sal dit n onvergeetlike besoek wees!"
"Graaff-Reinet is 'n groot en pragtige dorp, maar dit was net moelik om eetplekke op Kersdag te vind. Alles was gesluit."
"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."
"Bekoorlike dorp. Heerlik om nog tot 21:00 by die Spar te kon inkopies doen na 'n lang dag op die pad. "
"Baie interessante dorpie met sy besienswaardighede en geskiedenis. Ons was werklik baie veras gewees. Dit is n merkwaardige skoon dorpie."
"Lekker skaapvleis by Kamdebo Slaghuis. Heerlik geëet by Coldstream Restaurant. Kamdebo Park en Vallei van Verlatenheid 'n absolute moet."
"Die dorp en die Kamdeboo Nasionale Park regverdig beslis meer as een dag se besoek."
"Ons besoek Graaff-Reinet gereeld, en dit bly steeds 'n sjarmante vakansie bestemming."
"Baie interessant en goed onderhoude dorpie met goeie restaurante. Het ook die Valley van Verlatenheid besoek, definitief moeite werd."
"Te min restaurante wat saans oor die Feestyd oop is. Mense loop na middernag deur woonbuurte en skreeu vulgêre aanmerkings."
"Sal defnitief weer daar bly. Polka eetplek waar ons middagete gaan eet het, was uit 'n boek."
"The museums were very beautifully looked after and informative. However, the town is no longer what it used to be in appearance. Safety in numbers only."
"Nuwe eetplekke is 'n bonus. Dorp moet nie te veel uitbrei en sy karakter verloor nie, is en bly nog die mooiste dorp vir ons."