Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Tekort aan 'n keuse van bekostigbare restaurante. Slegs die Spur was maklik bereikbaar."
"Cultural place, nice bookstore and museums. The valley of desolation is a must see, beautiful view!"
"Daar is regtig niks naby Graaff-Reinet nie, wat dit 'n idillies en rustige wegbreek maak. Die Vallei van Verlatenheid is asemrowend met 'n ongelooflike uitsig oor die dorp en omgewing. "
"Nice town, close to Camdeboo and Valley of Desolation. Good restaurants at walking distance. Would not recommend more than 2 days though, as the town is quite small. "
"Dit was wonderlik. Verlief geraak op die dorp. Kan nou nogsteeds nie uitgepraat raak oor Graaff Reinet nie."
"Graaff-Reinet is 'n interessante dorp met baie om te sien. 'n Hoogtepunt was die orreluitvoering in die Nuwe Kerk. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"'n Besoek aan die Camdaboo Park met die Vallei van Verlatenheid is 'n geleentheid wat nie gemis moet word nie!"
"Wat 'n pragtige juweel in ons land. Die mense is besonder vriendelik en veral die buitelandse toeriste vind die dorp baie aanloklik. Die Nasionale Park tot die museums is alles in 'n baie goeie toestand. Die restaurante en winkeltjies is werklik uniek. Absoluut die moeite werd om Graaff-Reinet te besoek. "
"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "
"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."
"Besienswaardighede word nie meer in stand gehou nie. Die dorp is vuil en verwaarloos. Die park agter die kerk vol leë bottels en papiere. Hartseer om te sien hoe die dorpie sy karakter verloor het."
"Pragtige dorp. Geskiedkundige plekke, wildreservate naby, pragtige natuurskoon. Beslis moeite werd om spesiaal te besoek."
"Graaff-Reinet is 'n spogdorp met 'n ryk geskiedenis en bied meer as 'n mooi kerk! Natuur is pragtig van die wildsplase tot by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige antieke- en snuisterywinkels in die dorp en besondere eetplekkies."
"Sal volgende keer graag 'n bietjie langer bly - Graaff-Reinet is nie net 'n oornagdorpie nie - dit bied baie meer."
"Alhoewel dit blyk dat daar baie slaapplekke is, het dit nie vir my gelyk of daar baie plekke is waar mens in die aand kan eet nie. Dit is 'n baie mooi, goed versorgde dorp, met pragtige huise en vriendelike personeel by al die plekke waar ek was."
"Strate met aankoms vanaf Noupoort was baie vuil. Dit laat 'n wrang smaak in so 'n lieflike dorp en omgewing."