Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Nice town with beautifull cape-dutch houses and blessed with very beautifull surroundings."
"Kan maklik 'n dag of twee in Graaff-Reinet spandeer. Die Nasionale park en die Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Obesa kwekery is selfs vir die persoon wat nie in plante en dan spesifiek vetplante belangstel nie 'n belewenis. Polka restuarant bedien heerlike etes en het verskillende spyskaaarte vir middag- en aandetes."
"Graaf-Reinet is 'n pragtige dorp waarop die inwoners met reg kan trots wees. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Pragtige en intressante plekke om na uit te ry - ons het ons tyd werklik geniet!"
"Ons het Nieu Bethesda besoek. Die heerlikste kos geëet by die Tower restaurant. Puik gewees. Uilhuis besoek. Baie mooi en baie interessant gewees. Sal graag wil teruggaan en meer van die omgewing wil sien. Baie vriendelike mense in die omgewing."
"Selfs my studente dogters en my tienerseun het Reinet huis geniet. Dis 'n moet. Iets vir elkeen om te sien en te waardeer. En net een blok se stap van die gastehuis af."
"Opvallend dat al die mense Afrikaans praat en baie vriendelik en hulpvaardig is. Voorwaar 'n aangename paar dae daar deurgebring. Baie om te sien en bekostigbaar vir 'n gesin. "
"Pragtige plekke naby bv. Karoo-landskappe, die Uilhuis en Nieu-Betesda, genoeg om jou besig te hou. Ander gaste in die gastehuis kom gereeld hierheen vir paar dae vakansie in die omgewing. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan toer."
"Die Camdebo Reservaat, veral die "Valley of Desolation" deel is merkwaardig om te sien - die kinders het dit veral geniet by die uitkykpunte. Die dorp is redelik netjies, met die nodige handelswinkels om dit gemaklik te maak om daar te bly. Die histories belange in Graaff-Reinet was ook goed oorgedra in die museums. Die nabygeleë Nieu-Bethesda moet ook nie gemis word nie!"
"Graaff-Reinet is 'n wonderlike toeristebestemming. Die dorp het 'n baie interessante geskiedenis, lyk voortvarend met heerlike 'coffee shops' en interessante winkels, terwyl die omgewing pragtig is."
"Dit is 'n WOW! dorp. Skoon, baie besienswaardighede, lekker eetplekke en pragtige natuurskoon."
"Baie historiese besienswaardigheid. Sal graag weer Graaff-Reinet wil besoek en in een van die kothuise bly."
"'n Baie rustige dorp en die inwoners is baie vriendelik. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
"So baie om te sien. Pragtige, skoon dorp. Mooiste was verseker die NG Kerk en die vallei van verlatenheid."
"So 'n pragtige mooi dorp vol geskiedenis. Lekker om daar te stap. Baie van die geboue is opgeknap. Nie genoeg tyd gehad om museums ook te besoek nie."
"Tekort aan 'n keuse van bekostigbare restaurante. Slegs die Spur was maklik bereikbaar."
"One of my favorite destinations in South Africa. The tranquil old town, loaded with history and the beautiful Valley of Desolation, in the Camdeboo National Park."
"Cultural place, nice bookstore and museums. The valley of desolation is a must see, beautiful view!"
"Daar is regtig niks naby Graaff-Reinet nie, wat dit 'n idillies en rustige wegbreek maak. Die Vallei van Verlatenheid is asemrowend met 'n ongelooflike uitsig oor die dorp en omgewing. "
"Nice town, close to Camdeboo and Valley of Desolation. Good restaurants at walking distance. Would not recommend more than 2 days though, as the town is quite small. "
"Dit was wonderlik. Verlief geraak op die dorp. Kan nou nogsteeds nie uitgepraat raak oor Graaff Reinet nie."