Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Sal volgende keer graag 'n bietjie langer bly - Graaff-Reinet is nie net 'n oornagdorpie nie - dit bied baie meer."
"Dorp self is bietjie vuil en verrinneweer, maar die Vallei van Verlatenheid is asemrowend. Vat 'n warm ding en iets om te drink en gaan kyk na die sonsondergang. Alles is toe op 'n vakansiedag. Paaie is nie mooi gemerk nie. Kerk is pragtig!"
"Jammer mens is altyd haastig daardeur en bestee nie genoeg tyd aan die besienswaardighede nie."
"Vallei van verlatenheid is asemrowend, veral teen sononder met 'n heerlike wyntjie om te geniet. "
"Alhoewel dit blyk dat daar baie slaapplekke is, het dit nie vir my gelyk of daar baie plekke is waar mens in die aand kan eet nie. Dit is 'n baie mooi, goed versorgde dorp, met pragtige huise en vriendelike personeel by al die plekke waar ek was."
"Prachtig!! Natuurlik is ook Graaff Reinet die moeite werd om tyd in te pas vir 'n wandeling."
"Strate met aankoms vanaf Noupoort was baie vuil. Dit laat 'n wrang smaak in so 'n lieflike dorp en omgewing."
"I have just discovered that for people living in the Overberg like myself, the route from Colesberg via Graaf Reunwt, Willowmore, Oudtshoorn, Swellendam is so much more pleasant with empty roads, no stop go's, no trucks etc and the distance is not much longer, making Graaff-Reinet a very good half way stop."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige Karoodorp wat baie bied vir enige besoeker. Vriendelike mense en goeie diens."
"Graaff Reinet is 'n pragtige dorp, vol geskiedenis en kuns. Die vallei van verlatenheid is werklik iets besonders. "
"Very quaint, charming town. Some really outstanding places to eat, and everything is generally well-priced. "