Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Nice sleepover point if you drive from Pretoria. Wimpy is the only sit-down restaurant."
"Die deel van Beaufort-Wes waar ons deur gery het en gebly het, is maar vervalle met leeglêers wat aan mens karring voor jy by die hotel ingaan. Ons het net oorgeslaap, so ek weet nie of die wyer omgewing of dorp meer het om te bied nie."
"Chris Barnard uitstalling en die Sendingkerk 'n aanbevelingswaardige besoek. Natuurlik 4 Sheep se skaapvleisgeregte 'n wenner. Net nie tyd gehad om 'n skaapkop te bestel nie - wonderlike lekkerny."
"Besoek gerus die 4 Sheep Restaurant vir die heerlikste kosse, van skaapkop tot lamb shank. Paaie kan doen met opknapping."
"Ons was so verras oor hoe skoon en kleurryk Beaufort-Wes was. Die ingang na die dorp begroet jou met 'n mooi tuin en al die huise was kleurryk geverf. Ons het die geleentheid gehad om die pragtige kerk van binne te sien met sy pragtige houtwerk, veral die preek ruimte wat besonders was en die orrel."
"Dis 'n oulike plekkie met sy eie bekoring. Lekker teerpad tot daar. Ons sal beslis aanbeveel dat meer mense die plek besoek. Ons het ook 'n uitstekende ontbyt genuttig by die Boekklub restaurant."
"Ek dink soos enige ander plek is Beaufort-Wes ook maar aan die verander en is daar te min doendinge."
"As jy klaar deur die winkeltjies gestap het, is daar nie veel om te doen nie. Die restaurante se kos en diens was uitstekend."
"As jy van ou geboue hou en graag 'n dorp soos Prins Albert te voet wil verken sal jy dit geniet. Daar is ook bergklim en ander aktiwiteite. Om daar te kan gaan skilder of skryf is vir my droommooi. Maar as groot inkopiesentrums jou ding is sal jy deur Prins Albert ry en dit nie eers raaksien nie."
"Die vloedmuseum is 'n besoek werd. 'n Goeie restaurant/steak house sal 'n groot aanwins vir die dorp wees. Tans is daar net 3 kitskosplekke."