Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"Ek het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar die dele wat ek gesien het, is netjies en skoon."
"Kan nogal lekker warm word daar (as dit jou sal pla, nie vir ons) en die muskiete mag 'n probleem wees as hulle van jou hou! Gelukkig het meeste akkommodasies muskietnette by die slaapareas, maar vleisbraai kan lastig wees."
"Pragtige Karoodorp met vriendelike mense, lekker eetplekke, lekker olyfolie, fantastiese kaas."
"Baie besonderse Karoodorp met besonderse mense, baie lekker restaurante en baie goeie kaas."
"Pragtige kunsdorpie met Karoo-tema, huise oor die algemeen baie goed versorg, Lazy Lizzard se lampasteitjies 'n moet."
"'n Besoek aan hierdie besondere plekkie is in alle opsigte die moeite werd! So mooi skoon dorp met sulke vriendelike mense en soveel om te sien en ervaar. Vermy net Maandae, want dan is die meeste plekke toe (seker om te rus na die naweek)."
"Wonderlike plattelandse dorpie. Lanklaas so mooi skoon en netjiese strate en woonbuurte gesien. Interessante winkeltjies en restaurante om te besoek. Mal daaroor!"
"Ek kuier al jare lank in Beaufort Wes, maar het nooit in ’n gastehuis oorgeslaap nie. Dit is ’n goeie toeriste-aantrekking."
"Prins Albert is 'n klein juweel. Ons het die kunsgallerye en koffiewinkels baie geniet. Die hoogtepunt van ons kuier was die toer met die Unimog op teen die Swartbergpas! Dit was 'n belewenis en die tieners was gek daaroor. Bespreek by die Swartberg Hotel vir die toer."
"Dit is die moeite werd om 'n draai by die Boekklub te maak. Die plaaswinkels daar naby is die moeite werd om in te loer. Draai af vanaf die N1 en oornag in Merweville."
"Vir ons grootstede-besoekers was dit onaardig om straatligte te sien en geen potholes!"
"Die dorpie is pragtig. Ons het wel die aand by the Rude Chef gaan eet en 'n minder aangename ervaring gehad. Ek glo daar is ander plekke wat beter diens sou gelewer het."
"Ek het al van die sestigerjare daar gekuier by familie van ons, natuurlik deesdae verval baie plekke en dis net veral die hoofstraat wat vir my baie vuil was met aankoms maar dis in baie groot dorpe en 'n probleem, verder was ons baie gelukkig daar."