Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Die Karoo sal altyd 'n spesiale plek in ons harte opneem. Skoonheid in andersheid."
"There's not an awful lot to but there are a handful restaurants in town. Very safe. "
"Dis soos ‘n liefdevolle familielid ─ jy weet nie hoekom jy van die plek hou nie, want dis vrek lelik, maar die gasvryheid van die mense maak dit lekker."
"Mooiste ou geboue! Propvol geskiedenis! Wye verskeidenheid, goeie gehalteverblyf (binne en buite die dorp)! Goed gevestigde dorp; baie winkeltjies ─ als wat jy nodig het sal jy kan kry. "
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"4-sheep restaurant uit die boonste rakke. Heerlike afval en bredie geëet. Dit is net buitensporig duur. "
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"