Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"'n Baie oulike skoon dorp ten spyte van die droogte. Min of geen misdaad en baie vriendelike inwoners. Die Spar-winkel is goed toegerus en goeie restaurante. Museum van hoogstaande gehalte en mooi geboue en kunsgalery."
"Die Karoo Nasionale Park is een van ons gunsteling parke waar ons gereeld gaan kamp. Sou mens oornag by 'n gastehuis is dit baie gerieflik en naby om die park te besoek. Daar is ook ander wildreservate in die direkte omgewing en aangesien verblyf in die park en ander reservate regtig baie duur is, sal ek beslis aanbeveel om by Mango's verblyf te reël en dan die parke te besoek as 'n dagbesoeker."
"Die dorpie bied 'n verskeidenheid van winkels aan en eetplekke sou jy saans wou uiteet."
"Mal oor Prins Albert. Kan oor en oor weer teruggaan. Een dag is te min, volgende keer bly ons langer."
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Prins Albert het die wonderlikste restourante met die ongelooflikste lekker kos!"
"Hartseer om soveel werkloses doelloos te sien drentel. Skrik mens af om bietjie rond te loop en te verken."
"Prins Albert is 'n verskriklike lekker, rustige dorpie om net van die gejaag af weg te kom, net jammer dis so ver van die Kaap af."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"