Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Dis 'n mooi dorpie en baie rustig. Mense is vriendelik, maar die verblyf was glad nie aangenaam nie."
"Presies soos ons 'n Karoo Dorp voorstel. Die Swartbergpas se natuuskoon is iets wat almal moet sien."
"Dit is 'n ongelooflike mooi area en daar is soveel karakter in die dorpie self. 'n Absolute plesier om te besoek."
"Die dorpie is goed geleë vir 'n pitstop op pad na die Kaap. En Beaufort-Wes het alles wat mens nodig het vir daardie oornag stop."
"Trotse, skoon, netjies en interessante klein karoo dorpie met 'n baie mooi kerk. Vriendelike mense. "
"Die dekor het ons (ek en my man) beslis terug geneem na ons kinderdae. Dis nou as jy ouer as 40/50 is. Absoluut nostalgies!"
"Ons het by een van die plaaslike restaurant Karoo Deli en restaurant gekuier, (op aanbeveeling van Zelda), en heerlik saam die eienaar en sy vrou gekuier, wonderlike hartsmense. "
"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."
"Interessante dorp maar beslis "over-priced". Verblyf en restaurante. Aanvaar die dorp is gemik op buitelandse toeriste."
"Lieflike, interessante dorpie. Daar is soveel om te doen en beleef. Die plek wemel van puik kunstenaars. Besoek gerus. Ook naby De Rust, Meiringspoort en natuurlik Swartbergpas en Gamkaskloof met Die Hel. 'n Fotograaf se droomwêreld."
"Sal graag weer daar wil gaan kuier, vir een nag se oorslaap is dit nie voldoene nie. "
"Wat 'n lieflike dorp! Egte Karoo gasvryheid en so baie interessante plekke om te beleef en te geniet. Prins Albert sien ons vir seker weer."
"Prins Albert is 'n moet sien. Daar is soveel om te sien. Die Swartbergpas is asemrowend. "
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."