Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"For a overnight stopover or stay I would recommend a traveller from Jo'burg to Cape Town."
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"Laingsburg self bied nie veel nie, maar is 'n tipiese Karoodorpie. Vir iemand wat hou van Karoo is dit ideaal, want die omgewing bied baie onverwagte wonders."
"Klaarstroom het nie veel om te bied nie, want dis baie klein. Ons het by die hotel gaan kuier vir ontbyt en het dit baie geniet."
"Swartberg Hotel se beesstert is innig lekker. Probeer gerus Karookombuis vir 'n lekker kuier met die eienaars. Ry uit na die Gamkapoortdam."
"Behalwe vir die museum en borde wat die vloed vlakke van die tragiese vloed aandui is daar nie veel te sien nie. Die rustige klein dorpie en unieke Karoo skoonheid maak egter daarvoor op. Restaurante en wegneem ete plekke verskaf 'n lafenis na die lang rite deur die Karoo."
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Absoluut die mooiste, skoonste, vriendelikste dorpie, ons het almal ons harte daar verloor, het net te min tyd gehad maar sal volgende keer langer bly verseker."
"Die meeste mense is baie vriendelik en behulpsaam in Beaufort-Wes. Maar die dorp self is 'n bietjie vuil. Mens sou verwag omdat daar baie toeriste kom, dat die dorp darem skoon gehou sou word. Dit kan 'n prag dorp word. maar dan sal almal hul kant moet bring."