Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"Greyton is 'n baie oulike dorpie. Die plaaslike mense is vriendelik en daar is baie goeie restaurante op die dorp. Die fietsry roetes in die heuwels is baie mooi."
"'n Klein juweel in 'n baie mooi omgewing wat uiers geskik is vir buitemuurse aktiwiteite soos bergfiets en stap. Geseënd met uitstekende eetplekke. Abbey Rose se disse was 'n hoogtepunt."
"Ongelooflike dorpie! Ons het orals geëet en koffie gedrink en orals het die eienaars met jou gesels asof jy vriende is. Jy was welkom orals en het die beste diens gekry. Die kos word presies soos jy gevra het aangebied en selfs as jy kreatief raak met 'n drankie maak hulle 'n plan. Die dorpie se sekuritiet is wonderlik - die oomie ry op sy scooter deur al die strate. By die plaaslike markie word jy bederf met 'n verskeindenheid produkte om van te kies en te keur."
"Quaint little town with historical buildings. Excellent restaurants and friendly people. A wonderful weekend away."
"Awesome little town with best gourmet restaurants, coffee shops and food we have experienced. Will become a yearly bucket list destination."
"Greyton is 'n pragtige ongekunstelde dorpie met perde wat in die strate rondloop. Die beste plek om te ontsnap van die rotresies! "
"Lovely town but for a short while only. Quiet after the weekend as and limited attractions in the town itself. "
"Pragtige plek, maar mense met honde tel nie die "landmyne" op nie. Ook waar die perde loop is oral mis. Dit is teleurstellend."
"Prentjiemooi dorpie met baie om te doen. Heerlike restaurant om van te kies en keur. Die markie is ook 'n moet. Staproete teen die berg op vir die avontuurlustiges. Greyton is beslis 'n great dorpie!"
"Dit is vir my die pragtigste dorpie met die gevoel van Clarens. Die eetplekkie was wonderlik met die heerlikste atmosfeer en kaggelvuur."
"Pragtige dorpie. Troeteldiervriendelik. Die dorp is regtig goed versorg. Die restaurante in die dorp is baie goed. "