Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"'n Lieflike omgewing met gasvrye, hartlike mense, oral in die strate, winkeltjies en eetplekke! "
"Beautiful, quaint little town with friendly and welcoming residents. A definite choice for a peaceful break away for the country lover. Interesting little shops and restaurants to visit within walking distance to most accommodation. "
"Hulle moet net wyn op 'n Sondag verkoop - ons het vergeet om saam te neem en dus maar 'n drankie of 2 iewers anders geniet."
"Pragtig en rustig, onthou net restaurante maak nog smiddae toe en eers weer 18:00 oop. Heerlike biere by Old Mill geproe."
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Iets wat egter pla is die brullende motors met die harde musiek wanneer jy die rustigheid van die pragtige dorpie wil geniet. "
"Ons familie kom vir seker weer Greyton toe. Het ontbyt by Vanille geniet en die rustige atmosfeer was heerlik. Grasperk en speelterrein by Vanilla maak dat jonger kinders hulself kan besig hou en ook 'n lekker tyd kan geniet saam met ouers."
"The Saturday morning market for local produce is an absolute must. Also put one of the many hiking trails on your list."
"A must visit. Enjoyed the Saturday market. Value for money. Lots of restaurants to choose from. Stay more than one night. Friendly people."
"A serene, quiet, beautiful little town with the friendliest people and the most awesome surrounding mountains."
"Ons het dit sowat 5 jaar gelede ook besoek. Kon wel opmerk dat besighede en eiendomme bietjie agteruitgegaan het sedert dan, weens ekonomiese toestande, maar dit bly 'n unieke dorpie, met 'n unieke atmosfeer, veral oor naweke. Sal graag weer wil teruggaan. Het die restaurant Abbey Rose besoek, die kos was onverbeterlik! heerlike atmosfeer! Dit is vir sulke besondere herinneringe wat 'n mens teruggaan!"
"'n Versteekte juweel tussen die asemrowende berge met baie vars lug en plattelandse rustigheid. Min mense en geen verkeersknope. 'n Plek waar jy veilig in die strate kan stap en kan fietsry."
"Die markie kan dalk meer van 'n verskeidenheid goedjies uitstal. Van die goedjies is bietjie aan die duur kant. "