Verified Reviews
Haenertsburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Haenertsburg
Rated 4.6 out of 5 based on 111 reviews.
"A small town, the food at the restaurant was not what I expected, its good to cook your own food"
"Dit is jammer dat die fees nie beter bemark word nie. Was toevallig die naweek in Haenertsburg vir 'n troue en het toe uitgevind van die fees. Dit was aangename ervaring en die inwoners laat almal baie welkom voel."
"Haenerstburg is 'n goeie oorslaapdorpie en het ons nogal verras met sy uiteetgeriewe. Sal die dorp aanbeveel vir oorbly en dan vandaar af Magoebaskloof en die omgewing gaan besigtig as om in Tzaneen te oornag."
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."
"Oulikste piepklein dorpie wat heeltemal te min/swak bemark word. Die mense is so vriendelik en die kos by Café Villa was onverbeterlik!Dit kan 'n 2de Clarens/Dullstroom wees want die omliggende Magoebaskoof is pragtig. Potensiaal vir aansienlik meer toerisme is verseker 'n waarskynlikheid as die area meer bemark en geadverteer word. "
"'n Pizza by die Pot & Plough, bier by die kroegie in die hoofstraat, koffie by die boekwinkel, dip in die Debengeni-watervalle. Noem dit, Haenertsburg is 'n fantastiese naweekbestemming."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
"It is a pleasant place to visit, I will still recommend it to my friends and family."
"Haenertsburg is a wonderful small town with so many things to do. Whatever you do, try the bread from Foodzone. Freshly baked everyday."
"Dis baie rustig met 'n keuse van goeie eetplekkies in en om die natuurdorpie. Die winkelsentrum lawaai baie, bly weg! "
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Mooi omgewing, met baie om te sien en doen. Die dorpie is teleurstellend en nie ingestel op toerisme nie."