Verified Reviews
Hanover
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hanover
Rated 3.7 out of 5 based on 215 reviews.
"Die Padstal was so 'n aangename ervaring. Ontbyt, koffie en geskenkies was bo-gehalte goed. Diens en mense vriendelik."
"My brother and I had supper at the local pub, service was warm and friendly we were made to feel like one of the locals, and the meal was delicious."
"It is a good stop-over option between JHB - CPT as it is not as busy as the other options within the area."
"Pragtige dorp wat ongelukkig tekens van verval toon. Baie te doen met die feit dat daar nie 'n behoorlike ingang tot die dorp is nie."
"Geniet die ou geboue, neem baie foto's en beleef Karoo-weelde uit 'n vorige eeu. Die kerkgebou is pragtig en vir 'n verkenner is daar baie om te sien, fluisterstemme van die verlede om te luister en ongelooflike draai in tyd in baie Karoo-vrede. Vars lug en verkwikte wakkerword-ervaring om die langpad verder aan te durf!"
"Ons was net laatmiddag en die aand in Hanover en dit op 'n Sondag! Dus was meeste eetplekke toe wat ons keuse beperk het, want ons het beplan om aandete daar iewers te gaan geniet."
"Jammer die ou dorpie, soos alle plattelandse dorpies, is besig om agteruit te gaan."
"Was fantasties om die duisende rooi valkies te sien wat in Hanover se bome kom slaap wat al die pad van Siberië migreer."
"Just remember in this little (hot) town the pub and hotels only open at 5 pm, we were very thirsty. There is really absolutely nothing to do here, it's just a stay-over town."
"Die dorpie self kort maar aandag en lyk vervalle van buite af. Meestal slegte instandhouding, maar tog skoon."
"Hanover is in 'n pragtige omgewing en is ideaal as 'n mens van die Kaap na Gauteng of Mpumalanga reis aangesien dit in die middel van die twee areas is."
"A great alternative to Richmond or Beaufort-West for an overnight stay."
"Hanover is maar 'n baie vervalle dorp. Die paaie is baie sleg en als lyk oud en stukkend. Die kerk is pragtig en daar is in die somermaande Siberian valke by die 100de in die bome regoor Hanover. Dit is pragtig en besonders om te beleef."