Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"My geliefkoosde vakansiebestemming! Veilig, skoon en Afrikaans met baie om te doen en sien."
"Die ATKV moes nooit die veranderings by die seefront gemaak het nie. Die duur pakeerarea is nie lewensvatbaar nie. Mense met wie ons gesels het stem saam: die veranderinge was nie voordelig vir vakansiegangers nie."
"Baie lekker. Die nuwe "waterwêreld" in Hartenbos was 'n teleurstelling. Gelukkig is die een by Diasstrand baie goed."
"Hartenbos is een van ons gunstelingvakansiebestemmings. Alhoewel dit baie besig in Desember is, geniet ons die atmosfeer en die mense, asook die vermaak wat deur die ATKV op Hartenbos aangebied word."
"Ons gesin is dol oor Hartenbos! Die nuwe seefront is pragtig en modern en Hartenbos en die omgewing is baie skoon!"
"Fantastiese bestemming vir my as Afrikaner. Die ver ry vanaf Limpopo was deur en deur die moeite werd. "
"Ek kom Hartenbos toe vandat ek 'n baba is. Ons almal hou baie van die nuwe ontwikkeling maar ons mis die groot waterwurm en moes Diasstrand toe ry daarvoor! Die stalletjes is ook minder as voorheen. Dankie dat julle die skulpiewinkel gehou het. Moet tog asb. nie die Walvissaal ook afbreek nie! Die vooruitgang is nodig maar regtig, die waterwurm?! My kinders het baie daarna uitgesien en is teleurgestel. Diasstrand s'n is nie so lekker soos wat die ou een op Hartenbos was nie."
"Was bietjie deurmekaar met die afhandeling van bouwerke by die strandarea, maar dit gaan beslis 'n groot aantrekkingskrag vir die area wees. Ingangsfooi by die pretpark bietjie hoog vir 'n groter gesin. "
"Besig om sy plattelandse atmosfeer te verloor. Dit is wel nie noodwendig nadelig nie en behoort 'n jonger geslag toeriste/families goed te pas."
"Lekker strand. Die hoofstrand was moeilik bereikbaar agv die huidige bouwerk, maar dit gaan baie lekker en mooi wees wanneer dit klaar is."