Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Ek dink Hartenbos is 'n wonderlike toeristebestemming. Die mense is baie behulpsaam en vriendelik. Almal groet jou. Die lewenskoste daar is definitief goedkoper as hier in Gauteng waar ons bly. Ek het 'n wonderlike tyd daar gehad. Sal enige dag weer gaan."
"Ek is lid van die ATKV en het gereeld op Hartenbos vakansie gehou. Hulle raak nou te duur."
"Het al voorheen daar naweek of vakansie gehou. Iets te doen vir almal en baie aktiwiteite. En ook nou met die zip line ook!"
"Hartenbos is my gunsteling-vakansie-oord. Ek het as klein dogtertjie al saam met my ouers daar vakansie gehou, en doen dit nogsteeds. Seker omtrent vir meer as 50 jaar."
"Ek beveel Hartenbos en omliggende area aan vir enige iemand of dit nasionaal of internasionaal is. Beste ontspannende vakansie wat ek in jare gehad het. Mense is vriendelik, strande is skoon en vibe is manjifiek."
"Hartenbos is 'n netjiese plekkie, spesiaal vir ou mense en is 'n rustige dorpie waar 'n persoon enige tyd kan gaan aftree."
"Stunning town. So clean. Very safe. Beautiful beaches. Lots for children to do. "