Verified Reviews
Hibberdene
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibberdene
Rated 3.8 out of 5 based on 165 reviews.
"Ons het 'n strandhuis daar gehad in my kinderjare, my ouers het soontoe getrek in 1996 en Parys toe getrek in 2012. Die dorp het baie agteruitgegaan en ons was geskok. My Pa sal nie weer sy voete daar sit nie, maar ek het nog vriende daar so ek sal weer gaan."
"Hiberdene sal altyd 'n sagte plek in my hart hê. Ek en my skoolliefde het altyd soentoe gegaan en nou na baie jare vat ons ons kinders."
"The natural surroundings were beautiful. Resort is tranquil, shall definitely return if the chance arises."
"As a holiday destination, the beaches could be graded more to flatten the incline for safety. We could not see our children swimming from a distance. The flags could be widened to increase the swimming area. Raw sewage running behind PnP Qualisave Centre needs attention by council. General restaurants like KFC and Debonairs could not assist during loadshedding (no capacity), also a wider variety of restaurants would be nice. Possibly consider adding another petrol garage as the Engen there is constantly inundated by taxis meaning holidaymakers have to wait ages to fill petrol. "
"Dit is 'n baie lekker vakansiebestemming. Sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."
"Hartseer dat daar agteruitgang te sien is. Dorpsraad doen nie meer moeite om skoon te hou oor spitsvakansie nie. Polisie was egter goed sigbaar vir veiligheid. Water en rioolspil ook steeds 'n probleem. By Cowrie het jy nie nodig gehad om uit die kompleks te gaan nie."
"Baie gewaarsku oor veiligheid by die strand en op pad strand toe, maar geen insidente gehad nie."
"Geen water op die strand vir toilette en wasbakke nie. Sentrums het ook geen geriewe beskikbaar gehad nie. "
"Ons was nie by Hibberdene se hoofstrand nie, ons het daagliks na Umzumbe-strand gereis wat so 5 km weg was. Umzumbe was skoon en ook nie té besig nie."
"Daar is nabygeleë strande wat baie veilig en skoon was, wat ons regtig geniet het (Umzumbe en Southport). Hibberdene self het net ook nie regtig 'n groot verskeindenheid van restaurante, eetplekkies, en winkels nie. So ons het nogals ver gery hiervoor."
"Oom Kobus het ons hartlik verwelkom en baie tuis laat voel. Die huis is 'n juweel. Mooiste uitsig. Die huis binne is smaakvol en gerieflik."
"Alhoewel die verblyf en eienaars uitstekende dien gelewer het, kan ek nie dieselfde sê oor Hibberdene nie. Die winkelstaf is ongeskik en nie behulpsaam nie. Swemstrand is vuil en die lifeguards het gewag tot meeste vakansiegangers op die strand was en toe besluit om op te pak en te "strike"! Die winkels is buitensporig duur. Daar was ook 'n probleem met water, daar was geen water vir amper 4 dae nie. Daar is nie ordentlike restaurante of vermaak nie, jy moet uitry na ander dorpe. Hibberdene is definitief nie gefokus op kliëntediens en toerisme nie!"