Verified Reviews
Hoedspruit
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hoedspruit
Rated 4.6 out of 5 based on 417 reviews.
"Baie oulik en baie lekker, al wat net gepla het is die feit dat of jy nou 'n Suid -Afrikaner of Buitelander is jy betaal dieselfde prys vir sekere dinge. Ek wou so graag presentjies gekoop het vir my vriende hier in Pretoria, wat nog nooit in Hoedspruit was of selfs nooit die geleentheid sal kry om soontoe te kan gaan nie, maar was nie bereid om die pryse te betaal wat hulle vra vir van die goedjies nie. Ek dink dit is onregverdig dat ons (Suid-Afrikaners) so duur moet betaal vir dinge wat so eie aan ons land is. Het ook geniet om by Jessica, die seekoei te kon draai. Dit was baie nice. My seuntjie het dit baie geniet. Dan ook Moholoholo. Die aanbiedings was baie goed en dit regtig geniet, ek sal beide die plekke kan aanbeveel."
"Die bietjie wat ons van Hoedspruit gesien het aangesien ons net een nag oorgeslaap het, was dat dit 'n mooi, besige, kleurvolle dorp is met vriendelike mense."
"Beautiful little town, friendly people and central to everything from the Kruger National Park to the Blyde River Canyon and Burke's Luck."
"Hoedspruit is 'n regte klein dorpie. Restaurant is tops. Probeer gerus Sleepers restaurant. Mense vriendelik en naby aan verskeie lodges. "
"Die omgewing is baie mooi. Dit is net jammer dat die fenomenale bosveld nou so verskriklik bebou word."
"Die dorpie is mooi skoon en netjies. Vir ons Pretorianers is dit net vreemd om nie heeldag op 'n Saterdag en Sondag inkopies te kan doen nie. Die winkel-ure is net bietjie moeilik. Hulle kan baie meer inkomste kry deur langer ure vir toeriste te bied. Baie dankie vir 'n pragtige dorp."
"Uitstekende dorp. Baie lekker restaurante, veral Hat and Creek en Blue Mountain."
"Fantastiese plek en is skoon. Almal is vriendelike mense, van die man op straat tot in die restaurante. Voel baie veilig daar. Ons toekomstige woonplek, vir seker!"
"Close to the Kruger Park. Well maintained and clean. Many tourist shops. Once-a-month market for crafts, food, local produce and culture."
"Nog altyd mal oor die dorp en omgewing, alles is daar wat benodig word, genoeg winkels en eetplekke en die klimaat is veral in die winter baie gerieflik."
"Hoedspruit self is nie n toeristebestemming nie, maar wel die omgewing met al die wildsplase en die KNP natuurlik. Die klimaat is ook heerlik in die winter."
"Hoespruit self is nie 'n toeristebestemming nie, maar die omgewing wel natuurlik, omdat jy naby die KNP is."