Geverifieerde Resensie
Hogsback
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hogsback bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 192 resensies.
"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."
"Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek."
"Ons het dit baie ongelukkig getref. Dit het ontsettend baie gereën terwyl ons daar was. Ons kon dus baie dinge nie sien of nie doen nie."
"Ek was teleurgesteld met Hogsback. Dit het agteruitgegaan van wat ons 9 jaar terug daar was."