Verified Reviews
Hout Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hout Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 225 reviews.
"Dis 'n pragtige plek, maar seker baie beter om in die somer te besoek. Nostalgies met die hawe en bootritte. Ek hou van die restourante op die hawe en Chapman's Peak se natuurskoon is pragtig. Ek het net ongelukkig 'n gevoel gekry dat dit nie veilig is om 2 mense alleen te gaan stap nie en dit maak die besoekie ongelukkig negatief. Dalk as daar 'n sekuriteitswag met 'n hond die kort staproete patrolleer, sal toeriste (veral vroue alleen), veiliger voel. Of as daar 'n aanduiding is hoeveel km die roete is. Houtbaai is werklik pragtig, dit praat met die siel."
"Houtbaai is 'n uitstekende toeristebestemming, baie te doen in die omgewing."
"Netjiese, stil uitbreiding met al die nodige restaurante en winkels vir toeriste binne bereik."
"Small town, enough shops to make it comfortable. Quiet nights, starry skies, great views of the mountains."
"Baie jammer dat ‘n paar ongelukkige plakkers Houtbaai van ‘n groot inkomste ontneem het deurdat die Twee Oseane-wedloop verskuif moes word om Houtbaai te mis, duisende ondersteuners het toe nie langs die strate in Houtbaai kom staan nie en so baie besigheid weggevat."
"Ongelooflike berge, stil, veilige strand. Heerlike stap-, draf- en fietsryroetes. Houtbay Trail Challenge a must-do!"
"Baie rustige vakansiebestemming met als wat jy nodig het, Woolworths, Pick 'n Pay en heerlike eetplekke. Besoek gerus die "dokke" vir lekker vars en bekostigbare vis en ander seekos. "
"Baie sentraal aan besienswaardighede soos Kaappunt asook Tafelberg. Twee pragtige strande naby geleë. Houtbaai strand en Llandudno. En moet nie Chapman's Peak vergeet nie. Sal enige tyd weer gaan."
"Stil en weg van stad se gewoel, maar ook sentraal en maklik om by baie besienswaardighede uit te kom."
"Houtbaai is 'n aangename gemeenskap en die hawe was een van die hoogtepunte. Dis voorwaar 'n pragtige deel van ons land wat jy moet besoek as jy Kaap toe reis."
"Houtbaai is maar net een van my gunsteling bestemmings. Bekostigbaar en veilig en naby aan al die Kaapstad besienswaardighede. Dis uit die verkeer van Kaapstad. Die mense daar is vriendelike en ontvanklik. Sal enige tyd weer teruggaan. "
"Houtbaai is vreeslik mooi en rustig, veral nader aan die baai se kant, met indrukwekkende uitsigte op die berge. Ons beveel verseker Dunes Beach Bar & Restaurant aan vir drankies, Mariner's Wharf vir die lekkerste seekos en cocktails, asook 'n ontspannende stap met die honde- strand af soos die son sak."
"Daar is so baie om te doen in Houtbaai, ons gaan definitief weer Houtbaai toe kom."
"I would not stay in Hout Bay again, but a great place to visit. However, I would only visit over a weekend when the market at the harbour at the end of the road is open (worth a visit!), as well as the flea market on Sundays. And of course, I would definitely not miss a calamari lunch at the Chapman's Peak Hotel!"
"Houtbaai is a very nice place by itself, but also a good place to visit Cape Town, the Cape Peninsula and the Southern Suburbs."
"Chapman's Peak is asemrowend. Houtbaai se strand was bietjie vuil oor die feestyd, maar Llundudno is daar naby as alternatief. Sentraal om Kaapstad te verken. "