Geverifieerde Resensie
Hout Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hout Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 225 resensies.
"To go out for dinner you have to know were to go, the centre is ot that cosy. For exploring the Cape, it is well situated. If you like to go for a drink in the evenings I would choose a different spot."
"Moet aandag gee aan informele behuising teen berg. Skep 'n swak indruk en doen afbreek aan area. Veral die betogings wat daar was met ons verblyf. Kos en eetplekke uitstekend."
"Daar is vele restaurante om van te kies en meer as genoeg om te doen vir sakpas pryse."
"Ons het 'n baie sagte plek vir Houtbaai, die plek het 'n outentieke gevoel. Die baai is pragtig, daar is heelwat aktiwiteite om te doen, en die kos in die lokale restaurante is fantasties! Sal enige persoon aanbeveel om Houtbaai te besoek, die area is regtig 'n juweel."
"Houtbaai is 'n pragtige plek met baie eetplekke om van te kies, asook genoeg winkels vir gerieflike inkopies doen. Dit is ook sentraal gelee."
"Taxibestuurders is absoluut chaoties - stop net waar en wanneer hulle wil sonder aanduiding."
"Dalk nie die beste area in die herfs or winter nie (agv die ligging van die berge kom die son baie laat op)."
"Daar is iets vir elkeen in Houtbaai. Dit is sentraal genoeg om daar te bly en ander gebiede ook te besoek. Die Kaapse atmosfeer is sentraal in hierdie bestemming."
"Houtbaai is 'n pragtige dorp, dit is net jammer dat die informele nedersetting 'n deel van die natuurskoon bederf."
"Beste vis en chips by Fish on the Rocks, Bay Harbour Market is 'n moet om te besoek, baie interessante stalletjie, kos, roomys en self biltong en droëwors te koop."