Verified Reviews
Jacobs Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jacobs Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 566 reviews.
"Dis regtig 'n mooi plekkie en rustig. Kan van daar af na enige ander strand toe ry."
"Rus en vrede en goed geleë met die mooiste natuurtonele. Beskut van groter dorpe, maar baie naby daaraan en aan ander kleiner Weskus-dorpies, vir lekker daguitstappies."
"Daar moet dalk nog 'n kafeetjie wees wat tot later saans kan oopbly. Mens ry uit vir die dag en kom laat tuis besef iets nodig en winkel maak al 18:00 toe."
"Jacobsbaai is 'n pragtige dorpie en mense is vriendelik en praat Afrikaans. Daar is nie 'n strand nie so die wat lief is vir stap op die strand gaan dit mis. Baie veilig met sekerheidsmaatskappy wat patrolleer en baie vriendelik is. Net die enigste winkeltjie is baie duur en diens is maar power."
"Klein plekkie wat net uit huisies bestaan, een of twee eetplekkies, beslis 'n diamant aan die Weskus as jy wil rustigheid wil hê."
"Dit is baie geskik vir mense wat wil wegbreek van die gewoel. Geen winkelsentrums en smouse. dis 'n plek waar ek gevoel het ek hoef nie heeldag met toe vensters rond te ry nie."
"Jacobsbaai is a bit far from tourist attractions, you must be willing to drive out to see places and attractions that Cape Town has to offer. But for total relaxation, I would highly recommend this place. "
"Jacobsbaai is pragtig en daar heers rustigheid oor die dorp. Die Weskusplek Restaurant kan hulle spyskaart verbeter, die 4 opsies op die spyskaart was nie beskikbaar toe ons bestel het nie."
"A great place to relax, very peaceful and a lovely walk along the coastal paths. Enjoyed the restaurant Die Weskusplek and also very friendly locals at the shop! "
"Uitstekende plekkie om weg te kom van die stad se gevoel, maar ook naby genoeg winkels indien nodig!"
"Dit is 'n uitstekende bestemming via 'n familie met klein kinders. Dit sal nog meer gesog raak indien daar 'n paar goeie bergfiets roetes uitgelê word."
"'n Stukkie juweel van 'n dorpie aan die Weskus. Ongerep met die mooiste sonsondergange. Sentraal geleë en naby aan omliggende dorpe en groot stede. 'n Kusdorpie en vakansiebestemming wat enigeen se hart sal steel."
"Jacobsbaai is ongelooflik en ek glo meer mense moet die tyd vat om die Weskus te gaan beleef. Wit sande, blou, skoon see. En warm, vriendelike mense. Heerlik om te unwind na ‘n stresvolle jaar. "
"Jacobsbaai is pragtig. Die natuurskoon is asemrowend! Geen gedrang van mense nie, almal stap, draf of ry fiets. Veilige swemplek vir kinders. 'n Paradys vir fotograwe. "
"Daar gaan nie veel aan nie. Strande is nie lekker nie. Mooi strande is toegebou. "
"Nie vir mense wat 'n stad-omgewing soek met baie dinge om te doen nie. Jacobsbaai is stil en die natuurskoon asemrowend. Perfek vir boeklees, stap, draf en na die see kyk. "