Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 1352 reviews.
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Sal graag meer dinge wil sien wat hulle vir kleiner kinders aanbied, want dis nie altyd moontlik om see toe te gaan nie."
"Seker dat toeriste dit sal geniet. Ons het vir 'n familietroue gekuier en nie regtig die plek besoek nie."
"Pragtige dorp en vakansieplek, maar die strate is in 'n bedenklike toestand!"
"Van die drie plekke waar ons gebly het was dit die lekkerder een gewees. Ons is mal oor Jbay."
"Ek dink oor die algemeen is Jeffreysbaai 'n goeie toeristebestemming. Die strate van JB het 'n dringende opgradering nodig. Oral by al die eetplekke het ons wonderlike diens gekry en hul brouery se bier is baie lekker. Nie kans gekry om te swem in die see nie, dit was te koud, maar hulle het 'n lekker lang strandfront wat ons gaan stap het. Oor die algemeen gaan kuier gerus in JB . Jy kan lekker inkopies doen!"
"Beautiful area, only set back is that it is a little far from the Jeffreys Bay night life, so one has to drive."
"Mal oor JBay. Alles daar wat jy nodig het van winkels, medies, visvang, rus en stilte."
"Net te veel eetplekke. My gewig is weer mooi op pad suide toe. Maar is dit nie waarvoor vakansies is nie?"
"Dit was ons eerste besoek aan Wavecrest en ons was aangenaam verras met wat die omgewing bied. Ons sal waarskynlik weer in die toekoms besoek daar aflê."
"Ons was lanklaas in Jeffrey's en ek het nie besef hoe baie uitbreidings plaasgevind het nie. Dit was baie lekker in die winkels gewees. Jeffrey's is baie skoon en netjies. "