Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 1352 reviews.
"Nice, but apparently power outage are common in the area, so I would propably not visit again soon."
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
"Jeffreysbaai kruip in jou hart en siel in en laat jou met 'n knop in die keel wanneer die dorp al hoe kleiner raak soos wat die motor se bande die teerpad verslind terug huis toe. Jeffreysbaai is definitief die "dorp van drome". Dankie J-bay vir die mooi herinneringe elke jaar. Ons sien jou gou weer. "
"Die hele gesin het Jeffreys vreeslik geniet. Groot strande en vriendelike mense. Was regtig baie lekker."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Marina Martinique B&B"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."
"Baie skoon en netjies en die belangrikste van alles is die vriendelikheid van almal wat ek teëgekom het."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Watersideliving - Cove 38"Marina Martinique is fantasties. So veilig en die sekuriteit is puik en altyd vriendelik. Ons sal beslis weer besoek en selfs eendag koop as ons kan. "
"Ek is mal oor J-bay! Pragtige strande, nie té koue seewater nie en lekker branders! En 'n fantastiese skulpieswinkel!"
"Was 12 jaar gelede daar vir die eerste maal maar net op 'n kort dagbesoek, so die was vir ons 'n baie aangename ervaring. Dis netjies en die mense is vriendelik, dorp is skoon en die strand pure plesier. Well done Jeffrreysbaai hou so aan. Die gaan verseker op ons lysie af as een van die aangenaamste vakansie ervarings. "
"Die tydperk wat ons daar was, was die meeste mense reeds weer terug huistoe, so alles was gelukkig bietjie stiller."