Geverifieerde Resensie
Kaapsehoop
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kaapsehoop bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 235 resensies.
"Pragtig wonderlik en sal weer besoek, maar ongelukkig nie weer dieselfde bestemming nie."
"Verlief op Kaapsehoop sal graag elke jaar wil teruggaan. As jy 'n staptoer wil geniet en die Waterval wil besoek is dit perfek. Die perde bly my gunsteling en natuurskoon en mense van Kaapsehoop is vriendelik en maak dit lekker om saam hul kuier."
"Most shops and restaurants are not open during the week. However, still a lovely destination."
"Baie mooi en rustige plekkie. Het die perde en staproetes (veral die Waterval) baie geniet."
"Ek sal die plek aan almal aanbeveel. Die natuurliefhebber se droom. Ek het my tydjie daar terdeë geniet."
"Vir ons mense daar buite wat graag in die veld gaan loop en die natuur waardeer en bewonder. Hierdie is vir jou. Lekker loo roetes vir die hikers, lekker geskiedenis en stories oor die Kaapsehoop. Ongelooflike uitsig oor die laeveldvallei. Iets wat julle moet sien."
"Lieflike kunsdorpie. Perde 'n onvergeetlike ervaring. So mooi om te sien en beleef. Was hier tydens Wild Horse Festival. 'n Moet om te beleef. Baie vriendelike mense in dorp. "
"The dam and river and waterfall should be developed and made accessible."
" Love Kaapsehoop, it is quaint and the setting is beautiful. Plenty to do in the area if you get out and look."
"Ons was daar op Dinsdag en Woensdag - maar ongelukkig was daar net omtrent 2 eetplekke oop vir ontbyt, middag of aandete! Ons het nogtans twee maal 'n heerlike aandete by die Silver Mist Restaurant genuttig."
"Baie interessante dorpie, baie rustig en 'n lekker wegbreek van die stad, veral vir 'n oornag plek op pad na 'n ander bestemming. Die staproete tussen die rotse was baie lekker met pragtige uitsigte. Besoek gerus die perdry-plek net buite die dorp - hulle het pragtige perde en al wil jy nie perdry nie het hulle die lekkerste kos. Sal nie langer as twee aande daar kan bly nie, dit is 'n lekker dorpie maar nie veel om te doen nie. Ons het ongelukkig ook nie so baie wilde perde gesien soos wat ons gehoop het nie."
"Die kos by Bohemian Cafe is uit die boonste rakke. Bespreek maar eerder, hulle kan besig raak."