Geverifieerde Resensie
Kakamas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kakamas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 167 resensies.
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."
"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."
"Meerkat Compound was the only establishment I stayed in that had a 'Newspaper' for Tourists describing various routes and activities in the are and beyond similar to Midlands meander. Well done, I will be back to see some of the things described in this Tourism Guide."
"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."
"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."
"Ons het Kakamas heel positief en baie vriendelik beleef. Ons sal graag weer daar wil gaan inloer."
"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."
"Was baie beïndruk toe ons na ses jaar weer Kakamas besoek het en in die tussentyd 'n KFC en OK opgerig het. Besoek gerus OK, dis 'n netjiese winkel om inkopies te doen."
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."