Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 2314 reviews.
"Blomme was ongelooflik. Mense van die omgewing is wonderlik, verwelkomend en gasvry."
"Die landskap wat merendeels nog ongerep is, is 'n unieke ervaring. Die Kalahari het sy eie bekoring: sy mense, verskeidenheid wild en topklas-akkommodasie maak dit 'n moet-besoek vir avontuurlustige reisigers."
"Ver in die ou Kalahari! Daar in die Molopo! Bly my hartsland!"
"Vriendelike, plat op die aarde mense, kliëntediens is puik, daar is ontspannings geriewe. Vir natuurliefhebbers is daar veilige staproetes. Natuur is absoluut beeldskoon!"
"Shame that the Moffat Mission was closed because someone broke in and vandalised it."
"Kakamas is in die middel van al die wynkelders en baie mooi omgewing."
"Dis 'n pragtige wêreld, en die moeite werd om te verken, maar verblyf in en om Kathu, Deben en Olifantshoek is meestal nogal skaars én duur, en nie altyd goeie waarde vir geld nie."
"Die paaie is in 'n slegte toestand en die dorp is maar baie vuil. As die munisipaliteit iets aan die toestand van die dorp kan doen is daar regtig baie meer potensiaal vir die toekomstige toeriste wat Kakamas wil besoek."
"Ons was vir 'n week in die Kgalagadi Oorgrenspark. Wat 'n belewenis. Slegs deur die Kalahari gereis."
"'n Toeriste aantreklikheid wat altyd deel maak van ons toerreis met gaste."