Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 2314 reviews.
"Meer inligting oor Kgalagdi park: Dagbesoekers moet voor die tyd bespreek om in die park in te gaan. "
"Ons is binnekort terug. Dit is 'n pragtige deel van ons land, met of sonder blomme."
"Dorp lyk maar vuil en verwaarloos. Die Oog is teleurstellend - vuil en onversorg!"
"Oulike dorpie met heelwat om te besigtig en te beleef. Die Pienk Padstal en natuurlik die Augrabies-valle was ons hoogtepunte."
"Nooit besef die omgewing is so mooi nie. Beplan gerus om langer te bly. Die Augrabiese Watervalle was asemrowend, al was die watervlak baie laag."
"Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie."
"Baie bedelaars wat geld soek vir 'n broodjie. Bitter droog in die omgewing. Het die Afrikaans geniet."
"Skoonste, mooiste dorp wat ons in 'n baie lang tyd gesien het. Mense baie beleefd en behulpsaam! Dankie."
"Upington beskik oor al die basiese geriewe waarvoor 'n "in - transito" reisiger of vakansieganger sou soek of 'n behoefte aan mag hê. Dit is egter teleurstellend om te sien hoe die eens nasionaal bekende en eweneens gewilde "Die Eiland Oord" agteruit gegaan het weens verwaarlosing en 'n absolute gebrek aan instandhouding van die basiese geriewe deur die Plaaslike Owerheid. Die toestand van die roete-aanwysers met aankoms of vertrek uit Upington is 'n skande. Dit is absoluut onleesbaar!"
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."