Verified Reviews
Karas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karas
Rated 4.1 out of 5 based on 221 reviews.
"Regte vissersdorpie, maar 2 dae was lank genoeg vir ons om Lüderitz te verken."
"Ons was ongelukkig net vir paar uur in Keetmans, maar wat 'n ervaring. Die kokerwoud met sy labarint én Giant's Playground was iets om te beleef. Die grondpad daarheen was in 'n puik toestand. Die winkelpersoneel van die 3 besighede waarby ons ingestap het, was uiters vriendelik - soos die res van Namibië se mense! Ons bring definitief volgende keer beslis ons familie saam!"
"Grunau is 'n baie klein dorpie in Namibië. Dis ideaal vir mense wat die lang pad tussen Suid-Afrika en Namibië korter wil maak."
"Die dorp self bied nie veel nie, maar dit is goed in die geleë tussen Keetmanshoop en Lüderitz."
"Lüderitz is werklik 'n baie mooi en besonderse toeristebestemming. Die Kolmanskoptoer is 'n moet!"
"Ons vyfde besoek, die beste van Namibia se kusdorpe. Van Sandwichbaai via Diaskruis tot by Grossebaai, 'n hele volle drie dae, Kolmanskop ingesluit."
"Pragtige hawe-dorp met besienswaardighede wat goed kontrastreer met die van die binneland en komplementêre aantreklikhede bied."
"'n Plattelandse juweel! Enige fotograaf se droombestemming met die Kokerboomwoud en Giants Playground. Feesmaal geniet by Hotel Schutzenhaus."
"Keetmanshoop se mense is baie behulpsaam - Trentyre se mense het uit hul pad gegaan om na ure vir ons te wag om ons bande te ruil en 'n nuwe band op te sit na ons 'n pap wiel gehad het."
"This is our second visit to Luderitz, this time with our folks. We visited Kolmanskop and Diaz Point. We would highly recommend The Portuguese Fisherman for dinner. We also ate at Essenzeit, and though the food was delicious, the service was not up to par. Our dishes were not cleared from the table once we had finished our meals. The bill took a while to arrive, and even then, two of our party had their dishes sitting in front of them until we left."
"Daar is heelwat besienswaardighede in en om Keetmanshoop."
"Lüderitz sal ek voorstel vir mense wat regtig net rustig wil wees. Daar is nie juis veel aktiwiteite nie, veral nie vir kinders nie, maar dis baie mooi daar."
"Lüderitz is 'n baie geskiedkundige dorp. Vakansiegangers moet weet dat daar nie moderne vermaak is nie, maar daar is genoeg vir die leergierige persoon."
"Het hierdie keer net te kort daar gebly. Die kos in die hotel is verskriklik duur en mag baie toeriste afsit om daar te gaan eet. Die kos was lekker, maar steeds "over-priced"."
"Die wind is erg. As jy 500 km kry op 'n tenk petrol, halveer dit van Keetmans tot op Luderitz. Ons was nie baie opgemaak met die diens in die winkels op Luderitz nie. Daar is wel Kolmanskop en die Diaz-kruis wat kan besigtig word en dan die perde is ook 'n hoogtepunt."