Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11906 reviews.
"Unfortunately it was raining and very misty so we couldn't explore the area as much as we wanted. It is a beautiful historical town. Will definitely visit it again in the near future."
"Inwoners is baie trots op hulle dorp en staan saam om paaie te herstel en dorp netjies en skoon te hou."
"Mooier, skoner as die volgende twee dorpe op ons rit."
"Stil en rustige dorp met vriendelike inwoners. Die "Chicken schnitzel" met vars sampioen-kaassous by die plaaslike hotel is hoogs aan te beveel."
"Ideaal geplaas vir oornagtuiste op roetes wat uitputtend lank is en wat verkieslik oor langer as een dag moet strek."
"Die Royal Hotel vir drankies en etes. Dit is 'n aangename dorpie met mooi geboue en huise. Alles is loopafstand."
"Heelike wegbreekplek in die Karoo met genoeg vars lug en baie vriendelike mense. Hier kan 'n mens nog die stilte geniet en pragtige sterre sien."
"Lekker oorslaapplek tussen Gauteng en die Kaap. Paar "potholes" maar dit was direk na baie reën en dept was reeds besig om dit te begin herstel."
"Kom besoek die Karoo as jy hou van 'n prentjiemooi-landskap ná lieflike reën, groot allesomvattende stilte en sterbesaaide nagte."
"Very friendly - artistic and quaint little town. A lovely break from the hustle and bustle."
"Ons het vir ons dogter gaan kuier wat daar skoolhou. Dus nie baie in omgewing rondgery nie. Die mense van Fraserburg is egter ongelooflik vriendelik en gasvry!"
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."
"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."
"Dit is een van my gunsteling-oornagplekkies op die lang pad tussen die Kaap en Krugersdorp. "
"Sentraal en goeie ligging as jy van die kus na die binneland reis. Die omgewing is mooi en sag op die oog na 'n lang dag op die pad!"