Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Mooi omgewing in vallei. Unieke atmosfeer in dorpie. Uilhuis baie geniet. Brouery het teleurgestel met die bier, was sonder gas en baie smokey. Hoop dit was maar net 'n slegte batch."
"Die dorp is ongelooflik skoon en word mooi instandgehou. Veilige omgewing en die gemeenskap is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Welgedaan Prins Albert!"
"Town is well maintained, streets all clean. Pity that restaurant part of hotel was closed due to Covid. They used to serve the best hamburgers in the country!"
"Well situated to avoid the N1 via the N12 alternative. But great pity the Free State provincial roads are terrible. The state now makes visits to small towns and rugged countryside impossible."
"Al my verwagtinge oortref - pragtige omgewing met wonderlike plat-op-die-aarde mense - wat 'n wonderlike plek moet die nie wees om in te woon nie!"
"Lovely town, friendly people and loads to see. Valley of Desolation was crazily windy, but so worth the trip."
"Besoek gerus die naburige dorp, Vosburg. Gaan kyk na vindingrykheid van die gholfbaan!"
"COVID-maatreëls word nie oral nagekom nie. Min het maskers aan. Dit is 'n toeristebestemming en die maatreëls moet juis meer nagekom word. Verder spuit die gastehuise Doom binnenshuis om die muskiete dood te maak. Omgewings- en mense-vriendelike opsies sal meer wenslik wees."
"Nogal 'n interessante dorpie met vriendelike mense. Net jammer die meeste van die winkeltjies se deure is toe, dan voel mens nie om in te stap nie. Verstaanbaar ook, want geen mens kan onbepaald wag op moontlike reisigers om die dorp te besoek nie."
"Ons het nie baie veilig gevoel in die dorpsgebied waar ons aankopies gedoen het nie. Colesberg is egter 'n ideale halfweg-oornagplek."
"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."