Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11906 reviews.
"Daar is nog so baie plekke om te besoek, wat ek beslis sal doen wanneer ek weer daar aandoen."
"Wat 'n verassing om na die kronkelpad deur die Berge of met die langpad uit die Kaap te ry en so 'n beeldskone dorpie te kon aantref. Was verbaas oor al die lieflike verskeidenheid eetplekkies en die vriendelike gemeenskap van die inwoners."
"Dis 'n ideale plek om te ontsnap van die stadsgewoel en net weer asem te skep en die ruimtes in te drink. Aangesien ons familiegeskiedenis hier ontstaan het, was dit 'n groot voorreg om weer hier te kon besoek aflê. Dis egter té ver vir net 'n naweek - ons sal moet langer tyd hier verwyl. Sal so graag wil help dat hierdie dorp bly voortbestaan."
"Ek sou graag as 'n toeris wil terugkeer en al die besienswaardighede en winkels kom besoek. Die dorp is baie mooi."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
"Die bestuurders kan die vriendelikheid en opgewondenheid van die werkers aanleer want hulle is nors."
"Stay at least 2 days, walk around, get to talk to locals and eat in the local restaurants."
"I always stay over in Colesberg when I travel to Mossel Bay etc. Love to eat at Bordeaux. Don't spend much time there otherwise."
"Excellent tourist orientated town with lots of info and people who makes you feel welcome. Excellent museum with an excellent and touching section on the impact of forced removals of the groups area act."
"Pragtige klein plek. Ideaal vir oornag of 'n paar dae se verblyf. Winkels beperk, maar het voldoen aan die nodige behoeftes."
"Te min restaurante vir die hoeveelheid mense. Het nie geweet ons moes plek bespreek om eetplek te kry nie. Het vreeslik lank gewag vir kos - vir aandete sowel as ontbyt by 'n ander plek."
"Ontsnapping van die gejaag, rus vir die siel! Genieting van ouwêrelde gasvryheid."
"This is a quaint village with typical rustic little Karoo charm. Well worth a visit or stop-over."
"Colesberg is 'n gerieflike oornagdorp om die lang pad tussen Kaapstad en Johannesburg te breek. Dit is 'n rustige, stil dorpie met mooi kerkgebou en historiese huisies."