Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11906 reviews.
"Graaff-Reinet is een van die diamantdorpies van die Karoo. Die dorp self is baie skoon en die natuurskoon rondom die dorp is definitief iets om te beleef. Volgende keer bly ons langer!"
"Die stop by die brouery is altyd op ons agenda. Geniet altyd die lekker platter saam met die heuningbier en apple cider. Ook alte heerlik geëet by die kunsgalery. Hierdie keer het ons vir 2 aande oorgebly en die pad opgery tot by die bankie. Wat 'n lieflike uitsig van Nieu-Bethesda. Dit sal ook nou in instelling word en wil volgende keer daar wees as die son ondergaan."
"Ek het my hart in die Karoo verloor! Dit is pragtig en die eenvoud en leefstyl van die Karoo-bewoners is wonderlik!"
"Brits town is a very small town with old buildings and interesting historical places to see. Not much else going on there."
"Altyd 'n lekker stop. Die Pioneers Restaurant is hoog aan te beveel. Die kos is uit die boonste rakke. 'n Besoek aan die Obesa Kwekery ook 'n belewenis."
"Beaufort-wes is 'n goeie oorslaapplek as jy op pad is na Kaapstad vanaf Pretoria. Die 4Sheep restaurant is wonderlik en daar is mooi geboue. Verder is daar nie veel meer om te doen nie."
"Graaff-Reinet is definitely worthwhile visiting. So much to see and do in the area. Good rainfalls in the past year makes it worthwhile returning to visit. The dam is no longer empty, however water conservation is still important. There are new tourism attractions that have developed over the past few years, and we will definitely have to return to be able to experience everything. Our 3 day visit was too short."
"Great little town. Very neat and many beautiful buildings, great shops and restaurants."
"Was lekker om al die plekke waar Die Boekklub geskiet is te besoek. Bietjie afgeleë van die hoofroetes, maar was beslis die moeite werd om dit te besoek."
"Dis 'n Karoodorp en water word wyslik gebruik. Boorgate het hoë swael inhoud. Boere-gasvryheid op sy beste. Restaurante bied uitstekende kos en diens. Genoeg aktiwiteite om almal besig te hou."
"Hier kan jy vergeet van gister se sorge en jou hart oopmaak vir wat mÆre gaan gebeur. Dorp is netjies en die Spar is in dieselfde straat en maak dit so gerieflik vir jou aankope."
"Nieu-Bethesda het 'n besonderse atmosfeer van rustigheid en 'n skilderagtige dorpie."
"Not considered a tourist destination. If you want very cheap and just a basic bed to sleep then this is the place for you."