Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Ek dink daar is baie om te doen in die omgewing. Norvalspont/konsentrasiekamp se kerkhof, eenbaanbrûe by die dam self en by Norvalspont is baie om te sien. Venterstad bied ook n wye verskeidenheid en vir Bethulie het mens 'n hele dag nodig!"
"Die mense in die dorp is gasvry en ons het heerlik geëet by die hotel se restaurant. Kan sien die dorp gaan gebuk onder die droogte en die leë dam net buite die dorp is 'n hartseer gesig. Ons hoop 2021 bring vir hul reën en baie toeriste. Victoria-Wes is 'n heerlike oornagbestemming op pad see toe."
"Hierdie Karoomense hou moed ondanks die droogte. Ons bewonder julle daarvoor. Bly ons kon so bietjie geld spandeer om jul ekonomie aan die gang te hou. Dorpe is netjies en skoon. Diens by restaurante, gastehuise en vulstasies is puik en vriendelik. "
"Covid-19 het die gemeenskap ook benadeel. Die toeneem van bedelaars in die dorp is ‘n sigbare bewys dat die pandemie sy merk op die gemeenskap gelaat het."
"A lovely little town in the Karoo. A definite must is the Swartberg Pass - beyond beautiful."
"Gaan besoek gerus die Vallei van Verlatenheid asook die talle lekker plaaslike restaurante."
"A visit to the Karoo National Park is a must see. Take the drive up the Klipspringer Pass for magnificent views and a rather spectacular mountain road."
"Baie interessante dorpie om te besoek. Alhoewel dit 'n entjie van die hoofweg is is dit die moeite werd om dit te besoek"