Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Altyd lekker om daar oor te slaap. Uitstekende restaurante. Vriendelike inwoners."
"Ek het Middelburg nie as toeris besoek nie, maar my 3 dae lange verblyf was aangenaam met hulpvaardige en vriendelike mense."
"Dit is 'n ongelooflike mooi area en daar is soveel karakter in die dorpie self. 'n Absolute plesier om te besoek."
"Small town with lot of adventure it was quite nice journey we had, just can't wait to visit again and this time for a little bit longer."
"Die dorp self bied nie so baie soos die ander 2 nie, maar die omgewing is mooi en daar is die nuwe Meerkatprojek en ons is lief vir voëls kyk en is ryklik beloon met 3 Witkruisarende Geelbekeende, Kopereende Rooipoot Elsies ens."
"Dit was vir ons interessant om Colesberg te sien en te beleef. Die tyd was net te kort om werklik te kan kommentaar lewer as toeristebestemming aangesien ons bloot oorgeslaap het."
"Pragtige, skoon en netjiese, asook rustige dorpie met heelwat lekker kuier en eetplekkies en ook baie om te sien en beleef wat ons kultuurerfenis betref."
"Om op 'n Sondagmiddag daar aan te kom, is moeilik as daar nie oop eetplekke is nie. Mens is nogals moeg na die lang reis en nie regtig lus om self kos te maak nie. 'n Wegneem-ete plek sal 'n groot aanwins wees."
"Pragtige dorp met interessante plekke om te besoek, ons was verras met die kwaliteit van die restaurante, spesifiek Muller House."
"Die dorpie is goed geleë vir 'n pitstop op pad na die Kaap. En Beaufort-Wes het alles wat mens nodig het vir daardie oornag stop."
"Baie netjies vir kleindorpie. Dalk net te veel B&B wat 'n lewe probeer maak."