Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!"
"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."
"Ons was aangenaam verras met die vlak van die dam wat aansienlik voller is as ongeveer 'n jaar gelede. Die parkeerarea by die damwal was baie netjies skoon en werkers was al Sondag vroegoggend besig om by die vuilisdromme op te ruim."
"Baie aangename oornagplek, die weer is baie lekker en natuurlik 4 Sheep restaurant het puik kos en baie vriendelike personeel."
"Pragtige dorpie, netjies en skoon. By die vulstasie en kafee praat almal vriendelik Afrikaans, en voel jy sommer tuis. Tog is daar ook maar geweld."
"As die natuur in jou are is, is 'n besoek aan die Karoo Nasionale Park ook die moeite werd."