Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Die resturant was voldoende, maar na 18:00 is dit maar 'n probleem om iets te koop in die dorp. Ons het ongelukkig net die dorp in die donker gesien."
"Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8! "
"Wonderlike restaurant, genaamd Plattelander, met heerlike kos en vriendelike diens. hoogs aan te beveel."
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Prins Albert is beslis 'n besoek werd. Heerlike eetplekkies. Die museum moet beslis ook besoek word. "
"Pragtige plekkie, wens ons kon langer daar bly om die hele dorpie te beleef - baie rustig en stil oor 'n langnaweek."
"Pragtige dorpie! Onthou net dat die restaurant in die dorpie toe is op 'n Sondag."
"Ek het gedink Richmond is 'n "one horse town", maar was aangenaam verras. Mooi dorpie met klomp restaurante, wat ongelukkig nie oop was nie, aangesien ons daar was op 'n vakansiedag."
"Ek dink ek sal maklik daar kan bly, baie rustig. Dit is 'n pragtige plattelandse plekkie."
"Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie. "
"Ons het slegs twee dae vertoef en gevolglik nie by al die bestemmings uitgekom nie. Daar is heelwat museums en ander besienswaardighede."
"Victoria Wes is die perfekte rusplek tussen die noorde en die suide: rustige Karoodorp met die blouste lug bedags en die pragtige sterrehemel saans. Hier moet mens eintlik langer as net een aand oorbly."