Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."
"Die dorp gaan agteruit, die strate is vuil. Was 5 jaar gelede nog pragtig en skoon."
"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."
"Had a puncture upon leaving Uitspan so had to go into Willowmore. The service station was so helpful and efficient in repairing the tyre. Good to see the owner there on a public holiday. Thanks for excellent service."
"Ons het nog nie die toeristemoontlikhede ten volle benut en beleef nie en is van plan om binnekort so te maak. Goeie eetplekke en waarde vir geld."
"Perfek vir oorslaap op pad iewers heen. Vriendelike mense en die OK is oop tot tienuur die aand oor die feesseisoen. Great vir as jy laat daar aankom en iets kort."
"Beaufort-Wes self is nie 'n baie skoon dorp nie. Ek glo wel die omliggende plekke behoort die moeite werd te wees om te besoek."
"Sommige restaurante se foonnommers op Graaff-Reinet se inligtingsblad bestaan nie meer nie. Ek vermoed ons het nuwe plekkies gesien wat ook nie gelys is nie. Oor die algemeen is dit regtig 'n mooi dorpie met pragtige ou geboue wat mooi onderhou word. Dit lyk of die inwoners omgee vir hoe die dorpie lyk. "
"Nie regtig baie tyd in Graaff-Reinet deurgebring nie, so kan nie regtig waardeer wat in en om die dorp aangaan nie, behalwe die groot kerk."
"Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!"
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
"Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken."
"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."
"Prieska kan baie doen om toerisme in die streek te bevorder. Kyk na die natuurreservaat met die blokhuis (wat uit tieroog gemaak is). "
"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."
"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."