Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"
"Kan dalk meer doen om toeriste inligting te deel in 'n beskikbare manier."
"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."
""Valley of desolation" is 'n definitiewe "bucket list experience"! En om die dag met Polka restaurant se top gehalte geregte af te sluit sal dit n onvergeetlike besoek wees!"
"As jy die grondpaaie in die Karoo gaan ry moet jy voorbereid wees vir pap bande. Hou ook water in die kar. Die paaie is baie stil en soms is jy die enigste een op die pad vir ure. Selfoonontvangs is nie orals beskikbaar nie. Die inwoners van Uniondale hou glad nie daarvan dat besoekers die jong bedelaartjies van geld voorsien wat rondhang by eetplekkies op die dorp nie. Klaarstroom is die skoonste dorpie, met selfs die informele woongebied wat werklik skoon voorgekom het. Ondersteun die klein winkeltjies op die klein dorpies as daar wel winkeltjies is."
"Al was ons gewaarsku dat daar nie veel is in Prieska om te doen nie het ons, ons elke dag besig gehou! Die natuurskoon en wye verskeidenheid klip wat daar voorkom het op gemaak vir die gebrek aan restaurante en winkels."
"Graaff-Reinet is 'n groot en pragtige dorp, maar dit was net moelik om eetplekke op Kersdag te vind. Alles was gesluit."
"Die meeste mense is baie vriendelik en behulpsaam in Beaufort-Wes. Maar die dorp self is 'n bietjie vuil. Mens sou verwag omdat daar baie toeriste kom, dat die dorp darem skoon gehou sou word. Dit kan 'n prag dorp word. maar dan sal almal hul kant moet bring."
"Baie lekker om hier te kuier, maar met klein kinders raai ek aan maksimum 'n naweek."
"Ons ete by die Plattelander was asemrowend. Eienaar en personeel vriendelik en die kos van bostaande gehalte hulle sien my beslis weer."
"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."
"Colesberg was die klein dorpie waarby ons verby gejaag het op pad Kaap toe. Sal nie sommer weer daar verby jaag nie. Ongelooflike dorpie met vriendelike, gasvrye kuierplekke. Heerlike ontspanne atmosfeer met heerlike Karoo lam teen redelike pryse. Ietsie vir almal op die spyskaarte."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."
"Was aangenaam verras oor hoe mooi die dam en omgewing is, beslis een van die plekke wat ek weer sal wil besoek en beslis sal aanbeveel."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Die padtekens op pad na Waterford benodig dringend aandag! Meer toeriste wat van die hoofpaaie wil afdwaal, sal dan besoeke bring aan die pragtige omgewing! "
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."
"Oujaarsaand wat ons ook daar oorgeslaap het was dit besonder stil en aangenaam."
"Ons gebruik dit hoofsaaklik as oornagplek op pad terug na Gauteng vanaf die Kaap. Bourdeaux Restaurant is altyd aan te bevele."