Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"We have been overnighting at Colesburg for years and find it perfect as an overnight destination. Restaurants should be marketed more though. The OK (shop) is really well stocked and useful."
"Die Karoo Deli aan die oorkant van Youngs Halfway House is definitief 'n besoek werd. Die tipe braai-opset was 'n eerste vir ons. Werklik genotvol."
"Pragtige dorp. Geskiedkundige plekke, wildreservate naby, pragtige natuurskoon. Beslis moeite werd om spesiaal te besoek."
"Vaart op die dam is baie lekker gewees. Kort dalk `n toerisme buro om al die aktiwiteite aan te dui."
"Gaan besoek gerus die Padstal - slaghuis net om die hoek van die Spar in die hoofstraat, vir heerlike biltong, droëwors en Karoo-skaapvleis, bedien deur aangename, vriendelike mense."
"Graaff-Reinet is 'n spogdorp met 'n ryk geskiedenis en bied meer as 'n mooi kerk! Natuur is pragtig van die wildsplase tot by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige antieke- en snuisterywinkels in die dorp en besondere eetplekkies."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Sal volgende keer graag 'n bietjie langer bly - Graaff-Reinet is nie net 'n oornagdorpie nie - dit bied baie meer."
"Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!"
"Die kerk is steeds mooi. Huise oorkant die kerk lyk interessant, maar is nou verwaarloos. Ek sal nie die dorp as sodanig aanbeveel nie. "
"We stayed for two days but could have stayed a few days more, a very restful and peaceful place with a surprising amount of things to do and keep the kids busy."
"Wat 'n pragtige plek om oor te bly. As jy jouself wil rustig maak voor die vakansie in volle gang begin kan jy dit gerus in Nieu-Bethesda doen. Die pizza wat jy daar kry is die beste in die land!"