Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Die Aar is maar baie vervalle en die pad in die dorp is baie sleg, maar dis 'n tipiese plattelandse dorpie. Ons het wel advies van die gasheer en vrou oor 'n alternatiewe pad gekry. Dit was baie mooi met min verkeer terug na die N1. Ons het dit baie waardeer. Sal beslis volgende keer weer die pad gebruik om by hulle te gaan kuier."
"Tpiese klein karoodorpie met heerlike vye en turksvye. Naby aan nasionale pad."
"Kunstige dorpie met 'n paar lekker kuier- en eetplekke en baie interessante en gawe mense."
"Daar is baie om te doen en te sien. Maak voorsiening vir die tyd wat dit vat om dit te besoek. Gaan soek vir die tien beste dinge om in Graaff-Reinet te sien."
"Vanderkloof is a quiet and charming little town. Everything is clean and neat and well kept. There are places to take some stunning photos. The area is extremely safe with a dam and safari drives worth checking out. If you are driving, just plan your route carefully as going through Koffiefontein to the North or Petrusville to the South will definitely ensure you get a flat tire with all the potholes."
"Due to severe rainfall, we were unable to view Prince Albert properly. The restaurant was good."
"Ongelooflike skoon en vriendelike Vanderkloof. Mooiste uitsigte van die dam. Baie beslis 'n langer kuier werd."
"Ek dink nie dit is so veilig as voorheen nie. Dit is ook nie skoon by die geriewe en ook nie die strate nie."
"Nie regtig in die omgewing rond gery nie. Chris Barnard museum was iets besonders om in die verlede te besoek."
"Ek was aangenaam verras oor Loxton. Baie stil dorpie met min om te doen, net wat ek wou hê. Dit voel so veilig en mense is so vriendelik. Ek sal vir seker meer tyd in Loxton kan (gaan) spandeer. Daar kan jou siel rus."
"Daar is maar baie min om te doen, anders as om oor te bly om die volgende dag verder te ry. Of om deel te neem aan die jaarlikse MP Prinsloo Jukskei-toernooi."