Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Baie besige deur-roete tussen JHB en Kaapstad. Goed geleë vir oornagrus tussen die twee stede. Meer as genoeg gastehuise en eetplekke in die dorp."
"Die weer bepaal of dit 'n gunstige bestemming is of nie vir enige aktiwiteite op die dam."
"Interessante klein dorpie. Het die modern art museum baie geniet. Die Vetmuis se geskenke is goed."
"Baie klein plattelandse dorpie. Nie veel toeriste-aantreklikheid nie, maar gerieflik vir oorslaap op pad iewers heen."
"Baie klein en stil plekkie, beter vir een of twee dae te oornag, tensy jy 'n rede het om daar vakansie te hou."
"Heerlik om in die Karoodorp en die omliggende staproetes rond te dwaal. Al die inwoners het stories en tyd om dit te deel. Heerlike restaurante, kaas, wyn en kunservarings en 'n pragtige, gesellige hotel."
"Dink nie daar is veel om in Richmond self te doen nie, maar kan 'n paar plekke naby Richmond besoek. Richmond is ideaal vir oorslaap om die pad tussen Kaapstad en JHB korter te maak."
"Ek dink daar moet meer gefokus word dat meer mense wat op die lang N1 reis in Beaufort-Wes oornag ."
"The town is very rundown, streets are dirty and full of potholes, feels like you are visiting a place where everything has stopped developing for at least 80 years! A pity as this historic town could attract tourists if it was cleaned and maintained."
"Die restaurant naby die kerk is beslis die moeite werd om te besoek. Kos is uitstekend en die diens baie goed. Kelners baie vriendelik. Valei van verlatenheid het baie mooi uitsigte en is die moeite werd om te besoek, asook die ou motor museum."
"Uit 'n historiese oogpunt, is Graaff-Reinet 'n wonderlike plek, maar soos die geval met baie Suid-Afrikaanse stede en dorpe is die verval duidelik sigbaar. Dis bemoedigend dat entrepeneurs poog om die ou glorie weer te herstel."
"Loxton het 'n ou-wêreldse sjarme en dit was wonderlik om dit eerstehands te kon sien. Die donkiekarretjies in die strate en die vriendelike mense het dit onvergeetlik gemaak!"
"Mooi dorp, maar as toeris wat ver gereis het en net wou oorslaap was dit 'n teleurstelling. Geen restaurant of eetplek na 5 nm oop nie? Dit was 3 Januarie. Geen plek waar ons oor die toonbank medikasie kon koop nie."
"Lovely small town with interesting things to see and good food."