Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 791 reviews.
"Ek gaan gereeld Kimberley toe en vind dit 'n vriendelike plek waar mense jou sal help as jy vra."
"Dit is 'n redelike stil woonbuurt en dit is ook netjies in vergelyking met sekere woonbuurte wat ons in Kimberley gesien is. Nice."
"Ons was verras met skoonheid van dorp en al die besienswaardighede wat so wonderlik in stand gehou word en teen werklik bekostigbare toegangsfooie. Sal beslis Mokala Wildskamp weer besoek, so baie diere in een dag, was net te goed om waar te wees."
"Geniet Kimberley se winkels baie maar parkering en verkeer is 'n nagmerrie. Jammer daar is nie pyltjies by robotte nie, almal probeer nog vir oulaas oordruk en indruk. Paaie in vrot toestand. Vol gate. Mens moet heeltyd uitswaai!"
"Ons eerste keer daar. Het die Groot Gat besoek en mense was vriendelik en behulpsaam."
"Ons was verras oor die verskeidenhied winkels en restaurante wat beskikbaar is in Kimberley. Dit is maklik om in Kimberley rond te beweeg sonder om te verdwaal."
"Kimberley het heelwat om te sien (baie geskiedkundig). Die hospitale en winkels maak dit ook baie gerieflik vir die plattelanders."
"Deurmekaar stad om in te ry. Strate baie onduidelik en ongemerk. Was dit nie vir GPS nie, sou dit maar broekskeur gegaan het."
"Oor die algemeen was die mense vriendelik gewees. By die Groot Gat was die mense baie hulpvaardig en vriendelik gewees. Hulle is oop op naweke en vakansiedae. Die Tram rit was ook 'n groot aantrekking vir my jong kinders gewees. Sal weer teruggaan om die Koi-san tekeninge te gaan sien en ander besienswaardighede."
"Gerieflik naby aan die Groot Gat en redelik naby aan paaie wat na ander toeriste-besienswaardighede lei."
"Kimberley het beslis baie geskiedkundige waarde as toeristebestemming. Ongelukkig het van die ouer dele met al die geskiedkundige plekke verval in 'n toestand waar 'n mens nie meer veilig is om uit te klim en foto's te neem nie. Die Groot Gat en ander dele om die dorp is beslis die moeite werd om te besoek."
"Kimberley and the Big Hole should be advised to tourists driving from Cape Town to Joburg. It's only 300 km more than via Bloemfontein. "
"Rustige plek met baie toeriste aantreklikhede vir mense wat van geskiedenis hou en baie wildsplekke."
"Ons het baie historise plekke besoek, soos die Groot Gat, museums, maar ons kon nie by Kamfersdam inkom om die flaminke van naby af te sien nie, die pad wat voor die treinspoor is het modderpoele gehad wat dit nie moontlik gemaak het om in te gaan nie."
"Kimberley het die mooiste geskiedkundige plekke. Definitief 'n moet om te gaan besigtig."