Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Daar is so baie om te beleef en ervaar in en om Oudshoorn dat meer as een dag nodig is om meeste besienswaardighede te besoek. So, bietjie vooraf navorsing en beplanning sal baie bydra om die omgewing te waardeer, veral vanuit 'n geskiedkundige oogpunt. "
"Baie mooi plek, maar nie heeltemal wat ek van 'n top toeristebestemming sou verwag nie. Baie lekker restaurante en verblyf amper te veel, maar die ander goed wat jy daarmee saam verwag miskien 'n bietjie te agter die tyd."
"Afrikaanse dorp en propvol vriendelike mense. Gaan eet gerus by die Boer & Vark restaurant, wow, wat 'n gesellige plekkie."
"Baie mooi plekkie in die land. Was so groen gewees en wonderlik om weer Oudtshoorn te beleef na 'n hele paar jaar."
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."
"Just a city - no more. Little information at the tourist office. Tourist Office is hided in a side street and so no easy to find."
"'n Pragtige dorpie en het ons heerlik by die Ole Tavern Restaurant geëet. "
"Oudtshoorn has many attractions, and unfortunately our stay was too short to see everything. But we will be back again."
"Wonderlike, rustige en veilige dorp. Na uiteet het one 23:00 die aand kon terugstap na ons verblyfplek."
"Great family destination, essential to have accommodation with air conditioning in summer. Lovely family outings to keep you busy with young kids, 3 to 4 days is a good amount of days to budget. "
"Daar is baie om te doen in die omgewing! Van kameel en volstruis ry tot met krokodille swem! Maak seker julle maak 'n draai by hierdie versteekte juweel!"
"Lieflike vreedsame dorpie met alles wat jy nodig het vir 'n wegbreeknaweek."
"Ruik jy katbos en kambroo, as dit reën in die klein karoo. Dit sê alles vir my. Karoo is tops."
"Besonder mooi en rustig. Ons was ongelukkig baie kort daar, ons kon gerus 'n paar dae langer gebly het. Alles lyk baie interessant. Ons was deur Meiringspoort op en af. Die museum daar is besonder goed. Waterval pragtig, oppas vir gly op die gladde rotse. Sal graag weer gaan."
"Bly 'n mooi plek, maar soos alle ander toeriste dorpe in SA word als geprys vir die oorsese toeriste mark."