Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
"Ons het baie lekker gekuier in Oudtshoorn. Altyd 'n heerlike vakansiedorpie."
"Oudtshoorn self is uniek met al sy attraksies en besienswaardighede kan ek nie sien hoekom hy nog nie een van die gewildste bestemmings in die wêreld is nie!"
"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."
"A sweet little town and a good place to relax. But too many huge trucks zooming up and down at high speed. "
"Pragtige dorpie, die museum in die hoofstraat in die ou kerk is 'n besoek werd. Veral as jy nostalgies is oor toentertyd se dinge!"
"Dit is 'n heerlike toeriste dorp. Al probleem is dat sekere winkels op 'n Maandag gesluit is. "
"Wat 'n besonderse skoon en vriendelike plek! Sal weer Oudtshoorn toe gaan."
"Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense."
"'n Plek waar jy weer net kan wéés, rustig en in eenvoud, met baie gasvrye inwoners!"
"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek."
"Fantastiese dorp met soveel aktiwiteite om saam as 'n gesin te doen. Sal definitief die dorp aanbeveel vir 'n besoek."
"Great plekkie, restaurante is maar net min en voldoen nie aan die verwagtinge nie."
"Oudtshoorn het 'n pragtige atmosfeer. Hulle gaan uit hulle pad om toeriste so gemaklik as moontlik te laat voel. Interessante aktiwiteite om te doen in hierdie dorp. Mense vriendelik en rustige omgewing. Pragtige uitsig van berge."
"Pragtige grondpaaie orals maak dit maklik om gebied te verken en dis heel ontspannend om verby al die karoo plase te ry en te sien hoe almal saamwerk en leef. Meeste paaie na en van Baviaanskloof is ook in uitstekende toestand en maak vir aangename motorrit."